Brasilië: Hoof van Petrobras afgedank

Die president van Brasilië, Jair Bolsonaro, het die radikale stap geneem om die Hoof Uitvoerende Beampte van die brandstof reus Petrobras die trekpas te gee.

Die president het aangevoer dat die toenemende stygings in brandstof pryse onaanvaarbaar is, en veral swaarvoertuig eienaars is gebelgd oor die onredelike prys aanpassings wat gemaak word.

Petrobras se Hoof,  Roberto Castello Branco, het himself verdedig en gesê die prys aanpassings is in lyn met die algemene prys aanpassings in die mark, maar die regering het intussen ʼn nuwe hoof aangewys wat ʼn weermag agtergrond het.

Dit is volgens onbevestigde berigte ʼn sterk moontlikheid dat Brasilie ʼn energie krisis in die gesig staar as die nuwe aanstelling ook sou misluk om prys aanpassings op brandstof nie streng beheer word nie.