Biden wil Iran ooreenkoms “versterk”

Die Amerikaanse president, Joe Biden, se regering is bereid om terug te keer na die Barack Obama ooreenkoms wat met Iran aangegaan is oor die atoom kern verdrag indien Iran vassteek by die ooreenkoms.

Daar is na bewering glo nuwe tekens dat Tehran weg beweeg van ʼn kompromie ooreenkoms.

Blinken, die Minister van Buitelandse Sake in die VSA  wil glo van Iran verwag om ʼn ‘streng nakoming” van die ooreenkoms te volg.

 Hy sê die VSA en sy vennote wil werk aan ʼn “verlengde en versterkte” ooreenkoms gebaseer op die 2015 model van Obama.

Die Biden administrasie sal ook met Iran praat oor die destabilisering rol wat hy tans vervul in die streek en sy ballistiese missiel ontwikkeling sal onder bespreking kom.

Die Biden regering sal toesien dat Iran nie daarin slaag om met die ontwikkeling van kernwapens begin of daarmee voortgaan nie, het ʼn woordvoerder gesê.