Biden: VSA keer terug na wêreld platvorm

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het die naweek aangekondig dat Amerika besig is om terug te keer na die wêreld forums, en sê daar is reeds twee aspekte wat aandag gekry het.

In sy eerste maand van presidentskap het Biden by twee internasionale vergaderings opgedaag wat beskou moet word as die nuwe tree na internasionale samewerking.

Biden sal ook die G7 vergadering toespreek en die Munich Veiligheids Konferensie waar hy sy eerste verskyning as die VSA president gemaak het.

Biden sal glo as spreker optree by die G7 beraad met die tema van die wêreld se stryd teen die koronavirus, maar waarnemers sê dit sal maar ʼn eentonige toespraak wees aangesien wêreldleiers reeds ten volle op hoogte is van die omstandighede.