Athene kry sneeu na dekades

Die Griekse hoofstad Athene, wat dertig jaar gelede sneeu gehad het, is die week met ʼn wit kombers omvou wat ook groot chaos in die stad veroorsaak het.

Ligte sneeu het wel ʼn dekade gelede op die stad neergesak, maar die huidige sneeuval is laas in 1990 gesien.

Temperatuur het gedaal tot minus 19 grade en die stad was in donker gehul sonder elektrisiteit, terwyl bome wat omgeval het nie net kragonderbrekings veroorsaak nie, maar ook besige strate onbegaanbaar gemaak.

Athene wat in die suide van Griekeland geleë is, het ʼn veel warmer klimaat as die noordelike gebied, terwyl die Griekse eilande meer dikwels sneeuval beleef.