Amazon stigter tree uit as hoof

Die 57-jaroge Jeff Bezos, stigter van die Amazon maatskappy het aangekondig dat hy later vanjaar uittree om meer aandag ander ander projekte te gee,

Bezos het die maatskappy sowat 30 jaar gelede gestig en die man se totale bates word op $200 miljard geraam, en nou wil hy sy aandag wy aan sy media  en ruimtevaart projekte.

Die Amazon aanlyn maatskappy het ook aangekondig dat Bezos se pos deur Andy Jassy gevul sal word wat tans die Amazon Wolk Sakeonderneming bestuur.

Na sy uittrede as Hoof Uitvoerende Beampte, sal Bezos die amp as die Uitvoerende Voorsitter beklee, terwyl Jassy wat by die maatskappy begin werk het kort nadat hy sy MBA eksamen geslaag het, die Hoof Uitvoerende Beampte sal wees.