100-jarige Duitser word vervolg

ʼn Bejaarde Duitser, wat reeds sy 100ste verjaardag herdenk het, gaan nou aangekla word vir sy bydrae tot die moord op sowat 95,000 mense waar hy as veiligheidswag werksaam was.

Die owerheid het glo vasgestel dat die man tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het as veiligheidswag by ʼn konsentrasiekamp waar byna 100,000 mense gedood is.

Die aanklag lui dat hy instrumenteel bygedra het tot die massamoord by die kamp, en sal eersdaags in die hof verskyn.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak word voordat die verhoor afgehandel is nie, het glo die laaste jaar van die oorlog diens gedoen by die kamp wat nie ver van Berlyn ingerig was nie.

Volgens argief materiaal was daar meer as 200,000 mense in die kamp aangehou, waarvan die helfte gedood is op verskillende metodes, en almal bestrokke word onder kruisverhoor geneem.