Zondo Kommissie waarsku Zuma

Die moontlikheid dat die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, nie gaan opdaag by die Zondo Kommissie oor Staatskaping nie, het die Kommissie genoop om ʼn waarskuwing uit te stuur.

ʼn Ultimatum is aan Zuma uitgereik vanaf die Zondo Kommissie oor Staatskaping ʼn week voor die voormalige president sy opwagting moet maak voor die Kommissie.

In die vorige verskyning voor die Kommissie het die 78-jarige Zuma uit die vertrek gestorm sonder om verskoning aan te bied en daarmee vrae ontduik wat handel oor regerings betrokkenheid by korrupsie.

Die waarskuwende woord van die Kommissie vermaan Zuma en sê die ernstige gevolge wat toegepas sal word indien hy nie opdaag nie, sal tot sy eie nadeel wees.

Jacob Zuma moet Maandag, 18 Januarie 2021 sy opwagting maak voor die kommissie, en is verplig om antwoorde te vertrek op vrae wat tot hom gerig word.