Wie lieg nou weer?

In verlede week berig ʼn koerant in Suid-Afrika dat die Departement van Gesondheid ʼn vergadering met Johnson & Johnson gekanselleer het wat sou handel oor die verkryging van entstof vir SA teen die koronavirus.

Navrae by die Departement het na baie lank gesukkel is, uiteindelik aan die lig gebring dat die berigte “volslae leuens” is en fop nuus is.

Slegs ʼn uur later is Johnson & Johnson gekontak en is n vergadering belê, en volgens ingeligte bronne is daar verskeie ontmoetings met die vervaardiger gewees.

Verskeie vergaderings wat daarna gehou is, het gelei tot ʼn ooreenkoms dat die maatskappy van sy entstof aan Suid-Afrika beskikbaar stel.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die magsug van ANC “onderhandelaars” die vervaardiger wou wys wie swaai die septer, net om later te moes vasstel dat Johnson & Johnson die hef in die hand het met entstof wat die bankrot regering so bitter graag nodig het terwyl die geldjies daarvoor maar skaars is….