Werklikheid: Die 40 miljoen dosisse

Dit is nie net die ANC regering se president, Cyril Ramaphosa wat onderneming gegee het dat 40 miljoen mense teen die einde van 2021 ingeënt sal wees teen die Covid-19 koronavirus nie.

Vroeër het sy Minister van Gesondheid ook die bewering gemaak dat 40 miljoen mense ingeënt sal wees aan die einde van die jaar.

Die eerste vraag wat onbeantwoord bly, is hoe die regering gaan optree om inenting doelmatig en regverdig te verdeel.

Om 40 miljoen mense te immuniseer, beteken om 80 miljoen dosisse entstof te koop – met geld wat waarvandaan geleen word, is gevra.

Die aanduiding is dat gesondheidswerkers die eerste een miljoen dosisse entstof gaan kry. Wanneer kry hulle die tweede inenting?

Die mense in noodsaaklike dienste volg daarna, en hoeveel entstof is vir hulle nodig om elkeen twee inentings te kry?

Die derde groep is die bejaardes, en daarvan is SA ryklik geseën met ʼn paar miljoen, en daarvoor is baie entstof nodig om elk met twee dosisse te bedien.

Mediese ontleders en deskundiges sê dit is die vrae wat die regime nie uitlig om groter rustigheid onder die bevolking te bring nie, en daarom bestaan daar voldoende rede vir ernstige kommer, terwyl dit bekend is dat die land te min gesondheidswerkers het wat kan bydrae tot die inenting van 40 miljoen mense wat elk twee keer ingeënt moet word voor einde Desember.

Ramaphosa sê 20 miljoen dosisse is reeds vas op bestelling, maar kenners sê dit is baie ver van 80 miljoen dosisse wat nodig is om 40 miljoen mense te immuniseer.