Wêreld Nuusflitse

Trump

Die sosiale netwerk strukture volg die een na die ander die voorbeeld van Twitter, want Facebook en YouTube het ook die rekeninge van die uittredende president van Amerika, Donald Trump, gesluit na die Capitol Hill gebeure.

VSA

Enige iemand wat gebruik maak van aborsie pille word verplig om dit self af te haal by die sakeonderneming wat dit verskaf, al is dit ook tydens die pandemie se inperkings tyd, aangesien dit kan lei tot ongerymdhede indien enige ander persoon dit mag afhaal.

Ierland

Kerke met tehuise vir ongehude moeders se babas staan glo skuldig dat die jongste ondersoek getoon het dat meer as 9,000 kinders in sulke tehuis gesterf het, en word deur die land se mense as skandalig en ʼn jammerlike toestand beskryf.

Duitsland

Die hoog aansteeklike variant van die koronavirus wat in Suid-Afrika gevind is, het nou ook sy opwagting in Duitsland gemaak, en het die owerheid in ernstige kommer aangesien dit nie duidelik is hoe die variant die land binnegekom het terwyl vliegtuie se vlugte van SA nie in Duitsland mag land nie weens die koronavirus variant.