Wêreld Nuusflitse

Iran

Iran het beslag gelê op ʼn olie tenkskip wat onder die vlag van Suid-Korea deur die Golf gebied gevaar het onderweg na die Emirate. Iran eis dat sy miljarde dollar wat in Suid-Korea gevries is, terug betaal word, en hou die VSA verantwoordelik vir die beslaglegging wat plaasgevind het.

Britte grendel vase

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het aangekondig dat die Verenigde Koninkryk ʼn nuwe grendel vase betree nadat soveel as 57,000 nuwe koronavirus infeksies binne 24 uur aangemeld is wat sal geld tot 15 Februarie. Intussen word die inenting veldtog voortgesit teen ʼn versnelde tempo ten einde die pandemie te probeer stuit.

Saoedi Arabië

Die regering van Saoedi het die beperkings teen Qatar opgehef en die grense weer oopgestel en sy lughawens ook oopgestel vir landingsregte van sy buurland, en die optrede word beskou as ʼn deurbraak om vrede te bevorder in die Midde-Oosterse lande.

Google

Die werknemers van Google het in die VSA ʼn nuwe vakbond tot stand gebring net die doel om hulle belange te beskerm in hierdie multi-miljoen dollar maatskappy.

Die sowat 200 werknemers se arbeids vakbond het met die ondersteuning van ʼn ander Google maatskappy, Alphabet, tot stand gekom.

Skotland

Die Skotland Eerste Dame, Nicola Sturgeon, het aangekondig dat streng grendel maatreels van krag word weens die variant koronavirus pandemie wat besig is om oor die hele Verenigde Koninkryk spoel teen ʼn geweldige snelle tempo.