Wêreld juig oor Biden presidentskap

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het talle uitvoerende bevele onderteken wat sekere beleidsrigtings sal verander, en een daarvan is die Parys Klimaat Ooreenkoms, asook die nuwe benadering van immigrasie wat toelating vir vreemdelinge sal vergemaklik.

Met die optrede van Dag Een word die Trump beleidsrigtings omgedraai om terug te keer na die Obama era se beleid.

Op die eerste dag is minstens 15 uitvoerende opdragte onderteken wat wêreldleiers verheug gelaat het.

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, was van die eerste leiers wat haar tevredenheid met Biden uitgespreek het oor die terugkeer van Amerika na die Parys Klimaat Ooreenkoms wat deur menige Westerse leiers onderteken is, maar wat nie ondersteun is deur die vorige regering van die VSA nie.

Een van die dokumente wat onderteken is, het bepalings van hoe die Covid pandemie voortaan hanteer sal word om infeksie en sterftes te bekamp.