VSA: Vreedsame oorgang na Biden regering nodig

Die voormalige hoof van Verdediging is Amerika het gesê die tyd vir bevraagtekening van die verkiesing se uitslae is verby en gevra dat ʼn vreedsame oordrag van gesag nou nodig is.

Die nuut verkose president, wat aan die einde van die maand ingehuldig word, het vroeër gesê sekere Pentagon beamptes voorsien nie die noodsaaklikheid om korrekte inligting glad te laat vloei om rustigheid onder kiesers te verseker nie.

In reaksie op die stryd wat steeds gevoer word in die kringe van die Republikeine om sekere deelstate se uitslag te bevraagteken, is deur Verdediging se voormalige sekretarisse aangespreek om die oorgang na Biden se regering nou seepglad te laat verloop.

Die voormalige hoofde van die Pentagon het gewaarsku dat die militariste nie betrokke moet raak in die dispute wat tussen die twee leiers bestaan nie.

Tot hede het Trump nog nie erken dat hy verloor het teen Biden nie, en dit word nou wyd gekritiseer as iets wat nie van ʼn sittende president van Amerika verwag word nie.