VSA Visepresident kry doodsdreigemente

Die Amerikaanse Geheime Diens het met ʼn ondersoek begin nadat die Visepresident, Mike Pence, doodsdreigemente ontvang het nadat hy nie wou gehoorgee aan President Trump se versoek om nie dokumente te onderteken wat Joe Biden se regering bekragtig nie.

Een van die Republikeinse parlementslede, Lin Wood, wat ʼn pro-Trump politikis is, is waarskynlik ʼn verdagte wat Pence verkwalik omdat hy nie teen die grondwetlike bepalings wou optree nie.

Visepresident Pence was oor die afgelope vier jaar een van Trump se getroue ondersteuners, maar het geweier om gehoor te gee aan die versoek van Trump om nie die dokumente te onderteken wat Joe Biden se inhuldiging as president sou magtig nie.

Wood is ook verban uit Twitter, en dit het gevolg nadat hy dreigende houding teenoor die Visepresident ingeneem het op die sosiale netwerk.

Pence het die finale sertifisering onderteken wat deur die Verkiesings Agentskap voorgehou is, en dit het talle Trump ondersteuners woedend gemaak, maar die Visepresident het toe reeds geweet dat daar geen omdraai is nie aangesien die kowe elke poging van Trump verwerp het.