VSA: Nancy Pelosi weer speaker

Die Demokraat van Kalifornië, Nancy Pelosi, wat die afgelope twee jaar speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers was, is met ʼn naelskraap meerderheid herkies.

Die Huis van Verteenwoordigers, wat deur die meerderheid Demokrate beheer word, het egter nie almal vir die omstrede vrou gestem nie.

Sy is egter die enigste vrou wat nog ooit as speaker van die Huis verkies is, en waarnemers sê dit is merkwaardig dat sy wel herkies is in die amp.

Haar oorwinning met n skrale sewe stemme, (216 teen 209) teen die Republikeinse kandidaat, Kevin McCarthy, het vir menige Demokraat as ʼn skok gekom.

Met sewe verteenwoordigers wat afwesig was, kon die stemming gelyk op geëindig het, en is gesê die Demokrate moet die Covid virus bedank vir die afwesigheid van die mense.