VSA in groot verdeeldheid

Capitol Hill

Amerikaners het in die afgelope drie maande tot al groter verdeeldheid gekom weens die politieke optrede van die uittredende president Donald Trump, wat swak opgetree het as staatsman nadat verkiesings uitslae gewys het dat hy naelskraap verloor het.

Die teenkanting van die visepresident, Mike Pence, wat geweier het om gehoor te geen aan Trump se versoek om nie die dokumente te onderteken wat Biden as president verklaar nie, is sekerlik Trump se grootste terugslag.

Die visepresident was Trump se getrouste ondersteuners, maar die versoek wat Trump gerig het, is nie net ʼn teken van swak leierskap nie, maar ook ʼn teken van iemand wat verloor nie aanvaar nie.

Sy oproep tot Republikeine om van oor die land op te ruk en die vergadering in Capitol Hille “oor te neem” was sekerlik sy grootste oordeelsfout as president, en die dood van 5 mense is direk toegeskryf aan sy onverantwoordelike optrede wat beskou word as ʼn poging van ʼn staatsgreep in die kleine.

Dit alles het die Amerikaanse bevolking diep verdeeld gelaat, en die vier jaar van werk om “Amerika weer groot te maak” het soos mis voor die son verdwyn.

Trump sal onthou word vir die verkeerde dinge wat hy gedoen het, en dit is kammer dat sy termyn so moes eindig want hy het baie gedoen om die Amerikaners op verskillende terreine te versterk, maar nou is hulle in diepe verdeeldheid agter gelaat.