VSA het 25% van wêreld infeksies

Die VSA het die jaar 2021 ingegaan met ʼn bleek vooruitsig in sy gesondheidsdienste met sowat 25% van die wêreld se totale infeksies.

Kenners wys daarop dat die VSA se meer as 330 miljoen inwoners nog lank gaan wag om almal geïmmuniseer te kry, en dat die huidige 20 miljoen mense wat infeksie opgedoen het, nog verder gaan vermeerder.

Ongeveer 346,000 mense het weens infeksie gesterf volgens gegewens van die John Hopkins Universiteit, en op Nuwejaarsdag was 2.8 miljoen dosisse entstof reeds gebruik, waarvan die grootste deel aan gesondheidswerkers en bejaardes toegedeel is.

Die Republikeinse senator, Mit Romney het ʼn beroep op die Trump regering gedoen om ook om te sien dat die veteraan soldate en mediese veterane, ook inentings kry.