Vissers moet maskers verantwoordelik hanteer

Die owerheid in die Amerikaanse staat Pennsilvanië versoek en spoor mense en veral die vissermanne aan om nie die gesigsmaskers wat in onbruik is, in die see te stort nie.

Mense is ook gevra om nie die maskers in riviere te gooi nie, want dit beland uiteindelik ook in die oseaan en behalwe vir die besoedeling, is dit ook ʼn bedreiging vir die seelewe.

Die deelstaat se owerheid vra dat mense moet besin en seker maak dat hulle gebruikte maskers in die korrekte vullis houers gegooi sal word soos wat deur die Vis en Skeep Kommissie voorgeskryf word ten einde te voorkom dat besoedeling verder uitkring.

 Onlangs is berig van die miljoene gesigsmaskers wat reeds in die oseane van die wêreld beland het en ʼn bedreiging vir plante en visse is.