Virus slaan hard in Brasilië

Pres Bolsenaro

Die sterftes weens infeksie van die koronavirus het in Brasilië reeds die 200,000 merk verby gegaan, en verlede Vrydag was die aantal nuwe infeksies vir die 24 uur tydperk 87,843 wat steeds nie die land se draaipunt is nie.

Deskundiges waarsku dat die land se sterftes, sowel as nuwe infeksies, nog veel hoër kan styg terwyl die winter klimaat nog op die land wag.

ʼn Regeringswoordvoerder sê hulle is erg bekommerd oor die kapasiteit van hospitale in die land, en sê die toename in die somermaande wek groot kommer by geneeskundiges omdat die toestand na 15 Januarie nog verder kan verswak by hospitale.

Brasilië sal glo eers teen die begin van Februarie sy eerste besending entstof kry, wat hoofsaaklik aangewend sal word om gesondheidsdienste se werkers te bedien.