Virus: Sjina bou reuse veldhospitaal

Die tweede pandemie het sy opwagting gemaak in Sjina, en die owerheid het besef dat hospitalisasie ʼn ernstige probleem gaan word en ʼn reuse veldhospitaal is opgerig.

Die tweede pandemie, wat weens die moontlikheid van die teenwoordigheid van die nuwe variant koronavirus, het veroorsaak dat ʼn nuwe veldhospitaal binne 5 dae opgerig en gereed gemaak is om pasiënte te ontvang.

Die hospitaal wat suid van die hoofstad Beijing geleë is, is ingerig om met sy 1,500 kamers wat Covid pasiënte kan huisves, is een van ses soortgelyke veldhospitale wat in die stad Nangong in die provinsie Hebei gebou gaan word om ʼn totaal van 6,500 pasiënte te huisves wat infeksie opgedoen het.

Die provinsie is dig bevolk en meer as 22 miljoen inwoners gaan ernstige probleme ondervind indien daar nie voldoende hospitaal geriewe beskikbaar is nie.

Die provinsie het binne drie dae 130 nuwe infeksies bygekry nadat daar slesg een persoon aangemeld het wat infeksie het.