Virus: SA in ernstige krisis

Die Suid-Afrikaanse regering sit diep in die grootste krisis van die afgelope 3 dekades of meer weens sy onvermoë om maatreëls in te stel en toe te pas wat sinvol sal bydrae tot bekamping van die koronavirus verspreiding.

Met sterftes van byna 500 per 24 uur, en verskeie dae met nuwe infeksies van meer as 20,000 per dag, het Suid-Afrika ʼn onveilige plek geword en behoort mense met veel groter verantwoordelikheid hulleself te beskerm teen infeksie.

Die eerste entstof wat afgelewer gaan word is slegs bedoel vir gesondheidsdienste se werkers en sal waarskynlik nie eers genoeg wes om almal te immuniseer nie, en die regering se belofte dat 40 miljoen mense geïmmuniseer sal wees teen Desember 2021, is ʼn leuen wat met ʼn stok gevoel kan word, sê kenners.

Kenners waarsku dat die verspreiding van die virus nog nie sy kruin bereik het nie, en die feit dat mense teruggekeer het van vakansie, het die risiko vergroot dat die verspreiding gaan versnel terwyl kinders wat eersdaags skool toe gaan, ook ʼn groter risiko geword het.