Virus: Nuwe variant oral in Suid-Amerika

Die nuwe variant Covid-19 virus wat in die Suid-Amerikaanse staat Brasilië ontdek is, kom oor verskeie lande voor wat in die Amasones streek geleë is.

 In die jongste verslag oor die nuwe variant van die koronavirus van Brasilië, word gewaarsku dat talle groot stede van verskeie lande in Suid-Amerika reeds gevalle gevind het van infeksie.

Die Brasiliaanse stad Manaus se nuwe infeksies  is so hoog  dat kommer bestaan oor die verdere verspreiding wat ook oor grense na ander lande kan spoel.

Die jongste opname in die stad toon dat minstens 42% van infeksies deur die variant koronavirus is, en met die veel groter aansteeklikheid van die variant, kan dit lei tot katastrofiese gevolge vir die streek.

ʼn Mediese woordvoerder wys daarop dat die 42% se gegewens reeds vir middel Desember gegeld het toe die opname gemaak is, wat beteken die variant se persentasie kan veel hoër wees.