Virus eis ANC minister se lewe

Die ANC se Minister in die Presidensie, Jackson Mthembu is oorlede nadat hy infeksie van die koronavirus opgedoen het.

Ramaphosa het die aankondiging gister middag gemaak nadat dit bekend geword het dat die minister Donderdag oggend oorlede is.

Die minister het vroeër die maand positief getoets en is in die hospitaal opgeneem waar hy as 62-jarige behandel is, maar gister die stryd verloor het.

Verskeie ander ministers het tevore ook positief getoets, maar het herstel na Hoësorg behandeling toegepas is in hospitale.

Die president het die minister bestempel as ʼn lewenslange aktivis vir vryheid en vir die instandhou van die demokrasie.

Suid-Afrika het reeds sowat 39,000 mense aan die dood afgestaan weens die infeksie van die koronavirus.