Virus: Duitsland se pandemie beloop miljarde euro

Die regering van Bondskanselier Angela Merkel het bereken dat dit die land sowat €1.3 triljoen gaan kos om die totale rekening van die pandemies te vereffen.

Een van die prominente politieke figure reken dat die moontlikheid bestaan dat die armer mense van Duitsland die swaarste getref gaan word wanneer fondse ingevorder word om die rekening te betaal.

Kenners wys daarop dat Duitsland egter in die gelukkige posisie is dat hy geen buitelandse lenings aangegaan het wat terugbetaal moet word nie, en dat die land ekonomies sterk genoeg is om die betalings uit sy staatskas te doen, en die belastings nie verder te verhoog ten koste van die armer werkers in die land nie.

Meningsvormers wys ook daarop dat Duitsland se sterk vervaardigingsektor ʼn groot bate is, terwyl die res van die wêreld se lande met enorme buitelandse skulde belas is wat terugbetaalbaar is.