Virus: Die regering is planloos

Terwyl duisende mense daagliks infeksie opdoen met die Covid-19 koronavirus, en honderde elke dag hulle lewe verloor, is dit baie duidelik dat die regering sonder plan is, en sonder deursigtigheid met wat beoog word op finansiële gebied.

Dit is die mening van ʼn politieke ontleder wat reken die president se TV praatjie van 11 Januarie is die getuienis van ʼn regering wat herhalend dieselfde snaar tokkel en nie by die kern van die saak uitkom nie.

Ramaphosa het weer bevestig dat 40 miljoen mense ingeënt gaan word in 2021, maar hy wil nie bekend maak hoeveel geld dit gaan kos nie, en waar die geld vandaan kom, is vir almal ʼn raaisel.

Ingeligte bronne sê die land se reuse skuldlas veroorsaak dat SA nie by die Internasionale Moniteer Fonds kan gaan aanklop nie want die rommel status skrik almal af, wat beteken dat geld elders geleen gaan word, waarvan die rentekoerse veel hoër is, maar wat vir hierdie land onbekostigbaar is.

Geen riglyne is gegee as vooruitskouing vir wat verder verwag word om ook op finansiële gebied te probeer herstel nie, en word SA se aandag afgetrek met eentonige retoriek oor die virus.

Finansiële deskundiges en ekonome is veel meer bekommerd oor hoe die land uit sy vrot skuldlas gaan kom, en wat gedoen gaan word om werkloosheid, misdaad en swak gesondheidsdienste te verbeter. Ramaphosa het hom met Maandagaand se gepraat onderskei daarin dat hy die mees teleurstellende rede gevoer het wat enige president die afgelope 3 dekades gelewer het