Vier dood in Katlehong skietery

ʼn Klein oorlog tussen rowers en polisiebeamptes in Katlehong het geeindig met vier mense wat die lewe gelaat het toe gepoog is om ʼn gewapende geldwa te besteel.

Verdagtes is later in ʼn woonhuis opgespoor waarvandaan hulle probeer het om vir hulle ʼn pad oop te skiet om te vlug.

Een van die rowers is gearresteer deur die polisie, en vier van sy makkers is doodgeskiet in die geveg wat plaasgevind en soos ʼn klein oorlog geklink het.

Die polisie het later gesê die skietery het eers plaasgevind nadat die rowers die geldwa met plofstof beskadig het wat daardeur tot stilstand gedwing is in die omgewing van Langlaagte.

ʼn Misdaad deskundige sê die lang stilte van die afgelope maand is verbreek en kan daar verwag word dat geldwa aanvalle gaan toeneem, en sklryf dit toe aan die werkloosheid, wat mense tot misdaad dryf om ʼn inkomste te kry op enige denkbare wyse.