Venezuela regering neem beheer

Guaido

Die regering van president Nicolas Maduro het die week beheer oorgeneem van die land se Kongres nadat die leier van die opposisie, Juan Guaido, geweier het om sy party te laat deelneem aan die verkiesing.

Juan Guaido was tot voor die verkiesing speaker van die Kongres, en sy party het die meerderheid stemme gehad, maar deur nie deel te neem aan die verkiesing, wat allerweë beskou word as een met te veel verkiesings bedrog, is die mag verplaas na president Maduro se ondersteuners.

Guaido wil glo ʼn magsbasis opbou deur die vestiging van ʼn aanlyn struktuur terwyl Maduro 256 van die 277 sitplekke in die nuwe Nasionale Vergadering terwyl ʼn kleiner opposisieparty van die onafhanklikes die ander 21 sitplekke het.

Sowat 50 regerings van die Westerse lande het onomwonde verklaar dat hulle nie die bewind van president Maduro erken nie weens die erge bedrog wat gepleeg word tydens verkiesings.