Venezuela konsolideer kragte in diktatorskap

President Maduro

Uit die hoofstad Caracas word berig dat die diktator, president Nicolas Maduro, besig is om sy magsbasis te vergroot en kragte te konsolideer nadat die opposisie partye besluit het om nie deel te neem aan die verkiesing wat normaalweg gepaard gaan met grootskaalse bedrog nie.

Maduro is glo besig om veranderings aan te bring in die beheer stelsels  wat deur menige Westerse lande veroordeel is.

Die land se hoof opposisieleier, Juan Guaido wat as speaker van die parlement opgetree het sedert 2019, het die amp verbeur nadat sy party nie aan die verkiesing wou deelneem nie.

Alhoewel Maduro besig is om te konsolideer, is daar geen Westerse land wat hom erken as president nie, en beskou die opposisieleier, Guaido as die tussentydse president tot ʼn regverdige en vrye presidentsverkiesing gehou is.