Veiligheids opgeskerp vir Biden inhuldiging

Die Verenigde State van Amerika het sy veiligheid netwerk ontplooi om enige onluste die hoof te bied tydens die inhuldigings geleentheid van die nuut verkose president, Joe Biden.

Die maatreëls is ingestel nadat Donald Trump veroorsaak het dat duisende van sy ondersteuners opgeruk het na Capitol Hill en daarmee veroorsaak het dat 5 mense hulle lewens verloor het in die geweld.

Die Amerikaanse FBI het gewaarsku dat gewapende protes van Trump ondersteuners van nou tot 20 Januarie se inhuldiging, sterk teengestaan sal word.

Troepe van die Nasionale Veiligheidswag is ontplooi om te verseker dat Joe Biden se inhuldiging sonder enige voorvalle plaasvind, en die 15,000 gewapende troepe het opdrag om wet en orde saam met die polisie te handhaaf.

Die waarnemende hoof van die veiligheidsmagte het die VSA se Geheime Diens ook betrek en het instruksies gegee om spesiale aandag te gee aan die veiligheid van almal tydens die 20 Januarie se inhuldiging van president Joe Biden.