Vandale takel VSA politici se huise

Die woorde “Waar is my geld” is met spuitverf aangebring op die vensters van die leier van die Senaat, Mitch McConnel, en die speaker van die Huis van Afgevaardigdes, Nancy Pelosi, se woning het ʼn getekende vark kop met nagemaakte bloed daarby, gekry.

Polisie se hulp is ontbied wat dadelik met ʼn intensiewe ondersoek begin het om die vandale op te spoor wat klaarblyklik uit protes die daad gepleeg het.

Die twee leiersfigure op politieke gebied in Amerika se huise is die Vrydag deur mense wat skynbaar ontevrede is met die werkloosheid vergoeding wat nie verhoog is soos wat president Donald Trump gevra het moet gedoen word nie.

Later is berig dat iemand opgemerk het dat Pelosi se huis in San Francisco ook dieselfde boodskap van “waar is my geld” gekry het.

President Trump het die $600 pakket probeer verhoog met ʼn aanbeveling dat dit na $2,000 vermeerder word, maar Republikeine en Demokrate het teen die aanbeveling gestem, wat klaarblyklik nou tot die optrede gelei het.

Amerikaners wat minder as $75,000 verdien, sal in aanmerking kom vir die $600 pakket waarvan verskeie deelstate reeds begin het met die uitbetalings.