Vals Covid sertifikate by grensposte

Beamptes by grensposte van die land sit met ‘n groot probleem wat met die gebrek aan doeltreffende toerusting, net gaan vererger, sê kenners.

Dit is vals Covid sertifikate.  ‘n Covid vry sertifikaat is nodig vir persone om die land binne te kom. Toets uitslae kan tot 48 uur duur en koste aan so ‘n toets wissel van R800 tot R1000.   Daar is meer as 50 vervalste Covid sertifikate reeds in Limpopo gevind en deskundiges reken dit kan dalk net die punt van die ysberg wees.

Afskrifte van patologiese  laboratoriums word gemaak waarop die “resultate” dan gedokter word.  So ‘n sertifikaat kos tot R730 maar verseker die draer daarvan dat hy Suid Afrika mag binnekom ongeag sy Covid status.

Die swak toerusting, gepaard met die swak finansiële status van die land, is dit onwaarskynlik dat die regering aandag aan die belangrike saak sal gee.

Daarbenewens het honderde mense deur die grensheinings na Suid-Afrika gekom, en almal is moontlike draers van koronavirus.