Uit tronk in presidentskap

In die staat Kirgisië, in die noordelike gebied van Asië, het die land se sowat 5 miljoen kiesers die afgelope week in ʼn verkiesing hulle steun aan ʼn voormalige gevangene gegee en hom tot president verkies.

Die wanorde van die land se inwoners word gevind in die optrede wat ondermeer behels het dat hulle die bepalings van die kieswet geignoreer het en selfs nie gesteur het aan die parlement nie.

Sadyr Zhaparov is ʼn nasionalistiese leier wat Sondag die presidentsverkiesing gewen het deur bykans 80% van die stemme op hom te verenig.

Die verkiesing is gehou om die politieke onrus wat in Oktober begin het, te beëindig, en die bevolking hoop dat hulle nuwe president uitvoering sal gee aan die verwydering van menige griewe.

Die verkose president se grootste opponent in die verkiesing kon slegs 7% van die stemme trek, en verskeie ander klein partye het die sowat 15% steun gekry.