Twitter verloor duisende rekenings

Die sosiale netwerk van Twitter het duisende intekenare verloor nadat hy besluit het om president Donald Trump se rekening te sluit.

Die ander internasionale maatskappy GAB het binne 24 uur meer as 10,000 nuwe intekenare gekry wat beskou word as mense wat Twitter verlaat het.

GAB wat ʼn meer konserwatiewe vriendelike alternatief is, het met Twitter se optrede baie nuwe intekenare gekry, en die vermoede bestaan dat die toename van intekenare nog verder gaan styg ten koste van Twitter.

Die Russiese politieke leier van die opposisieparty, Alexei Navalny het gesê dit is ʼn voldonge feit dat Twitter wêreldwyd steun gaan verloor en dat daar selfs regerings kan wees wat Titter in hulle land kan verban.

 Ingeligte bronne sê die optrede van Twitter wat later ook deur Facebook gevolg is, kan uiteindelik ʼn totale skeuring tussen liberaliste en konserwatiewe meebring.