Twitter sluit Sjinese ambassade rekening

Die bestuur van Twitter het die Sjinese ambassade in Amerika se rekening gesluit nadat ʼn uitspraak deur die ambassade personeel gemaak is dat hulle gekant is teen “ontmenslikerd” wat beteken dat vroue nie meer babas kan kry nie.

Die Sjinese ambassade se daaropvolgende opmerkings is van so ʼn aard dat die sosiale netwerk maatskappy besluit het om die rekening summier te sluit.

Twitter het egter eers gereageer nadat die Sjinese hulle beleid ten opsigte van die Moslem geloof uiteengesit het terwyl Westerse en Moslem lande ernstige besware het teen die wyse waarop die Sjinese hulle beleid probeer regverdig.

Twitter het die ambassade verwittig dat die rekening gesluit is weens die oortredings wat begaan is van die maatskappy se amptelike beleid.