Twee risiko faktore vir sakelui

In ʼn wêreldwye ondersoek na risiko faktore waarvoor sakelui hulle moet posisioneer, is talle aspekte uitgewys, maar twee daarvan is direk op Suid-Afrika van toepassing.

Uitgesoekte sakemanne se mening is getoets, en van die byna 3,000 wat gereageer het, was meer as 200 uit Suid-Afrika afkomstig.

Die grootste faktor bly steeds die Covid-19 pandemie en alles wat daarmee gepaard gaan, en waarvoor sakemanne nuwe inisiatiewe moet ontwikkel as hulle in bedryf wil bly, sê die verslag.

Die ander belangrike element waaroor Suid-Afrikaners waarskynlik tot hede nie voldoende voorbereiding gedoen het nie, is die risiko van internet kuberkrakers en kapers wat nie net geweldige skade kan veroorsaak aan ʼn onderneming nie, maar ook vertroulike werkswyses en inligting van die maatskappy steel om later teen die Suid-Afrikaanse maatskappy te gebruik. In ʼn vorige ontleding is gevind dat honderde maatskappye reeds te kampe gehad het met kuberkrakers, en duisende Rand se skade opgedoen het voor hulle nuwe maatreels kon instel om krakers af te weer.