Trump word dalk afgesit voor uittrede

Verskeie Demokratiese Party politici en selfs enkele Republikeine argumenteer dat President Donald Trump moet bedenk weens die gebeure by Capitol Hill.

Alhoewel die president op ʼn stadium gevra het dat die protes vreedsaam moet verloop, was sy aanvanklike “opdrag” dat sy ondersteuners die vergadering by Capitol Hille moes oorneem, wat as ʼn staatsgreep poging beskou is.

Trump is so verneder deur sy eie toedoen dat hy ook besluit het om nie die byeenkoms by te woon waar Joe Biden as president ingehuldig word nie, en sal die visepresident waarskynlik die seremonie bywoon.

Die Kongres verteenwoordiger en Republikein Ted Lieu sê hy hoop werklik die Visepresident Mike Pence sal bly optree soos wat hy tot nog gedoen het, en dit sluit waarskynlik is dat Pence die inhuldiging van Biden op waardige wyse sal bywoon.

Intussen is daar Demokrate wat poog om Trump afgesit te kry voor sy finale uittrede op 20 Januarie, terwyl ander eis dat hy nou sy bedanking indien sodat Mike Pence as president kan optree tot Joe Biden ingehuldig is.

Die poging om Trump in ʼn staat van beskuldiging geplaas te kry sal waarskynlik slaag, behalwe dat rekening gehou moet word met die min tyd wat oor is tot 20 Januarie.

Die Demokrate se poging om te slaag sal wel moontlik wees in die lig daarvan dat hulle ook die meerderheid in die Amerikaanse Senaat verkry het.

Die Republikein Ted Lieu van Kalifornië sê daar is reeds meer as 180 verteenwoordigers in die Huis van Verteenwoordigers wat ten gunste is van die Demokrate se gedagte om Trump afgesit te kry deur ʼn staat van beskuldiging.