Trump veroorsaak opstand in VSA

Opstand deur Donald Trump ondersteuners is skerp veroordeel uit verskillende lande, en selfs senatore en parlementslede van die Republikeinse Party het hulle misnoeë te kenne gegee met die swak optrede van die betogers.

Die opmars van honderde ondersteuners van Trump na Capitol Hill het in gewelddadigheid losgebars en minstens vier mense is in die voorvalle gedood.

Die polisie het meer as 50 van die optoggangers gearresteer en minstens 14 polisiebeamptes is in die skermutseling beseer.

Die ontevredenheid oor die verkiesing se uitslae en Trump se aanmoediging dat hulle na Capitol Hill moet beweeg, het gelei tot die botsings met polisie.

Die voorval word in ʼn ernstige lig beskou, veral nadat vier mense hulle lewe moes opoffer in die voorval, en die FBI het met ʼn intensiewe ondersoek begin.