Trump se laaste weldaad

Kort voordat Donald Trump die Wit Huis verlaat het en nie daarmee ook sy amp neergelê het as president van Amerika, het hy eers dokumente onderteken om sekere persone uit die tronk vry te laat.

Verskeie persone van hoeq aansien is vrygelaat, en in totaal is 73 mense vandag weer op vrye voet, danksy Donald Trump wat sy reg as president uitgevoer het.

Daarbenewens is sowat 70 mense se straf verlig deur die termyn in te kort, en dit het die president as een van sy laaste take uitgevoer voordat hy om 5 nm die Amerikaanse Wit Huis verlaat het.

Die voormalige adviseur, wat slegs n kort tyd in diens van president Trump was, Steve Bannon, is ook vrygelaat te midde van aanbevelings dat die president dit liewer nie moet doen nie.