Trump oorweeg nuwe politieke party

Die uitgetrede Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg glo die moontlikheid om ʼn nuwe politieke party tot stand te bring.

Die moontlikheid is geopper deur “patriotiese Amerikaners” wat voel dat Trump se “Patriot Party” nou ʼn staanplek sal kry.

Trump het nie die naelskraap oorwinning van die Demokrate erken nie, en het geweier om by die inhuldiging van Joe Biden teenwoordig te wees, en sy gade Melanie, het geweier om saam met die nuwe presidentsvrou saam te te drink en deur die Wit Huis te neem op die tradisionele toer.

Kenners sê die gevaar van ë nuwe party gaan die Republikeinse Party in twee verdeel, en daarmee verseker dat die linkse Demokrate die grootste party bly en die verkiesings elke keer sal wen.

Sedert die opspraakwekkende gebeure by Capitol Hill, wat selfs deur die Republikeine om Trump se nek gehang het, is die verhouding ernstig geskaad, en sal politici nie verbaas wees as Trump wel besluit om ʼn nuwe party tot stand te bring met die oog op die volgende presidentsverkiesing oor vier jaar nie.