Trump kom tot besinning

Aanvanklik was dit die uittredende president, Donald Trump, se oproep om van oor die hele land saam te kom na Capitol Hill “om weer die land op te eis”, maar wat in chaos van geweld geëindig het.

Vier mense het met hulle lewens betaal vir die onsinnigheid om gewelddadig te probeer om die Biden oorwinning om te keer.

Meer as 70 mense is tydens die opstand gearresteer, talle het beserings opgedoen, en verskeie parlementslede het as Republikeine uit hulle ampte bedank en senatore het Trump veroordeel vir die oproep wat hy gemaak het.

Ten einde wet en orde te herstel, en om te probeer regmaak wat verbrou is, het die president die geweld veroordeel en gesê ʼn gladde oorgee van die gesag aan Joe Biden is nodig, en selfs ʼn beroepgedoen op sy ondersteuners om kalm en vreedsaam op te tree.

Trump het uiteindelik alle moontlike aksies om die uitslag van die presidentsverkiesing om te keer na sy guns, finaal laat vaar, en daarmee ʼn bedenklike optrede van vroeer laat eindig, maar wat in die geskiedenisboeke opgeteken is as die president wat sy swakker deel van staatsmanskap openbaar het nadat die verkiesingsuitslae die wenner aangetoon het.