Trump is uit, Biden is in

Die Amerikaanse president, Donald Trump het gister om 5 nm Amerikaanse tyd, die Wit Huis verlaat en is nie meer president van sy land nie.

Joe Biden is ingesweer as die nuwe president van Amerika, en dit het om 5 nm Amerikaanse tyd gebeur.

Tesame met Joe Biden is die anderskleurige Kamala Harris ingesweer as die eerste vrou in die Amerikaanse geskiedenis om die amp van Visepresident te beklee.

Anders as in enige ander inhuldigings plegtigheid van die president, moes Joe Biden tevrede wees om redelik alleen saam met ʼn klompie spesiale persone die seremonie bywoon.

In stede van die duisende mense wat sou opdaag, maar hierdie keer nie toegelaat is nie weens die pandemie, is 200,000 Amerikaanse vlae opgerig wat die mense verteenwoordig wat nie die geleentheid mag bywoon nie.

Biden is ingehuldig op die trappe van die Capitol, en Donald Trump en sy gade het besluit om nie die verrigtinge by te woon nie.

Daarna moet Joe Biden sowat 17 dokumente onderteken om Trum se beleid oor verskillende aspekte om te draai en terug te keer na die Barack Obama beleid wat vroeër gegeld het.