Terug na Vlak 5 vir SA?

ʼn Woordvoerder van die Minister van die Presidensie het bewerings verwerp dat daar terug beweeg gaan word na Vlak 5 weens die skerp toename wat die afgelope weke ondervind is met nuwe infeksies en verhoging in sterftes weens Covid infeksie.

Die woordvoerder sê die gerugte wat die rondte doen is fop nuus.

Dit ;yk asof daar die afgelope naweek gerugte versprei is van bewerings dat die ANC se Nasionale Koronavirus Bevelsraad ʼn vergadering gehou het om die moontlikheid van strenger maatreëls in die grendel tyd ingestel moet word.

Die vrees bestaan onder die ANC regime en sy strukture dat hospitalisasie ʼn groot probleem gaan word wat betref die inname van nuwe infeksie pasiënte.

In die afgelope weke is verskeie berigte ontvang van hospitale wat oorvol geword het terwyl ander naby aan maksimum kapasiteit gekom het, wat die verdere toename in nuwe infeksies soveel erger kan ontwikkel in ʼn nuwe pandemie krisis.

Die ontevredenheid onder verpleegpersoneel is aan die toeneem, en met die swak hantering van die bekombaarheid van koronavirus entstof, het personeel se negatiewe houding en vrese verder toegeneem.

Ingeligte bronne sê die wetgewing in Suid-Afrika is sodanig dat die werkgewer die werkers se veiligheid moet verseker, en teen die agtergrond kan verpleegpersoneel en alle ander gesondheid werkers in diens van die staat, rede vind om ontevrede te wees.