Terug na pasboek ?

Dier kommunisties gesinde ANC regering het klaarblyklik erken dat sy swak poging met die ID kaart wat tans in gebruik is, alweer vervang moet word met iets wat soos die “pasboek” van vroeër sal wees.

Daar is weggedoen met die ID boekie wat deur die apartheid regering gebruik is waarin besonderhede oor misdaad, voertuiglisensies, wapenlisensies, huwelikstatus, ensovoorts opgeneem is.

Die ANC regime het jare gelede besluit daar moet weggedoen word met die apartheid regering se “pasboek” stelsel en toe die swak ID kaart ontwerp wat simbolies is van die regering se manier van doen, sê ʼn voormalige ontwerper van die ou ID boekie.

Nou kom die regering om weer iets soortgelyk as die apartheid boekie te bied want kriminele en korrupte oortredings moet aangedui word “om in lyn met die grondwetlike” van die land te wees.

Dit is onseker of die bankrot regering weer geld gaan vorder by die inwoners soos wat met bestuurslisensies gedoen word, en of ʼn internasionale lening aangegaan sal word om die pasboeke se vervaardiging met foto en al, gefinansier te kry.