Talle betrap wat uit Lesotho wou insypel

Caledonrivier

 Talle mense van die Berg Koninkryk het gepoog om na Suid-Afrika te kom as onwettige inwoners, maar is deur die polisie vasgetrek.

Vanaf die grenspos naby Ficksburg in die Vrystaat het die polisie gesien hoe ʼn groot aantal mense deur sypel na Suid-Afrika en met versterkings wat opgeroep is, kon die oortreders betyds vasgetrek word en julle sal Maandag in die Ficksburg landdroshof verskyn.

Volgens ʼn polisie woordvoerder is sowat 42 mense aangekeer wat probeer het om met die Caledonrivier se waterstroom na SA te kom.

 Die onwettige immigrante wat aangekeer is, is egter ʼn druppel in die emmer van mense wat uit verskillende buurlande probeer om na Suid-Afrika te kom, waarvan na raming meer as 85% daarin slaag om deur te kom weens die swak grens bewaking aan die Suid-Afrikaanse kant.