Streng alkohol wette en belastings

Die regering stel strenger maatreëls en wette in teen alkohol teen die agtergrond dat meer koronavirus infeksies by drinkplekke en ook by begrafnisse versprei word.

Die regulasie dat slegs 50 mense by ʼn begrafnis teenwoordig mag wees, is wyd deur veral swart gemeenskappe gekritiseer en selfs deur sommige pastore veroordeel.

Die beletsel op verkoop van alkoholiese drank is ingestel, sê Cyril Ramaphosa, omdat dit nodig is weens die rekord dat te veel misdaad en te veel verspreiding veroorsaak word by die gebruik van alkoholiese drank.

Hy het daarop gewys dat kroeë, partytjies, en ander drinkplekke die grootste oorsaak is vir die vinnige verspreiding van die nuwe variant koronavirus.

Kenners wys daarop dat die afname in infeksies wat Dinsdag aangekondig is, die positiewe resultaat is van die alkohol verbod.

Dit is veral die Wes-Kaap se wynboere wat gebuk gaan onder die verbod wat ingestel is, en talle boere het laat blyk dat hulle nie veel langer staande gaan bly nie terwyl reataurante gevra het om minstens langer ure saans oop te bly al kan hulle nie drank bedien nie.