Stand van damme lyk belowend

Die watervlak het in elke provinsie gestyg gedurende die afgelope week, behalwe in die Wes-Kaap, wat normaalweg winterreënval gebied is.

Die Oos-Kaap se totale water inhoud het tot 53% gestyg teenoor verlede jaar dieselfde tyd se 46%.

Vrystaatse damme het in die afgelope week met 5% gestyg tot ʼn totaal van 87% teenoor verlede jaar se 66%.

Sentraal Transvaal (Gauteng) se damme is 100% teenoor verlede week se 96% en verlede jaar die tyd was die stand ook 100%.

Natal se damme het tans 59% teenoor verlede jaar se 54% en die res van Transvaal se damme het geringe stygings getoon die afgelope week, en aansienlike beter stand as verlede jaar dieselfde tyd.

Voorspellings dui daarop dat nog goeie reën in groot dele van die land verwag kan word, wat damme se watervlakke verder sal bevoordeel.