Spanje ondervind koudste tyd ooit

Groot dele van Spanje is bedek onder ʼn dik laag sneeu, wat een van die vreemdste verskynsels is wat die land nog ooit beleef het.

Die swaar sneeu neerslae het nie net die verkeer op hoofpaaie ontwrig nie, maar ook gesorg vir die koudste winter ,et die laagste temperatuur wat ooit in die land gemeet is.

Lughawens moes alle vlugte kanselleer en herskeduleer, terwyl die gure weer wat deur Storm Filomena veroorsaak is, ook gesorg het dat die hoofstad Madrid in ʼn sneeuwit kombers gehul is.

Die Spaanse Weerburo sê die sneeu is die swaarste neerslah wat in baie jare gesien is, maar die yskoue weer is beslis die ergste wat nog ooit in Spanje aangeteken is.

Storm Filonema het ook sy invloed laat geld en die Kanariese Eilande onder sy sneeuwit kombers bedek.

Die temperatuur het in die noordelike deel van Spanje tot minus 35 grade Celsius gedaal, en daarmee is nie net die hoofstad ontwrig nie, maar het gebreekte kragdrade en gevriesde water toevoer ook in groot dele vir ontwrigting gesorg.