SpaceX maak tegnologiese deurbraak

Die ruimtevaart tegnoloog Elon Musk, het geskiedenis gemaak met sy jongste prestasie toe ʼn enkel Falcon 9 vuurpyl die draer was van meer as 140 satelliete en ander ruimteskip toebehore suksesvol ontplooi is in die ruimtes.

 Die lansering van SpaceX was aanvanklik belemmer met ʼn 24 uur vertraging weens swak weersomstandighede,  maar die uiteindelike suksesvolle lansering word wêreldwyd erken as ʼn rekord wat gebreek is in die vervoer van satelliete.

Falcon 9 vuurpyl het 143 satelliete met die een lansering gedra en vanaf Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida opgestyg en die kosbare vrag in die ruimte te ontplooi.

Die ontplooi van die vrag het slegs twee uur nadat Falcon 9 lanseer is, afgehandel sonder ʼn enkele fout, wat beskou word as een van Elon Musk se mees merkwaardige prestasies.

Die belangrikste deel van Falcon 9 is daarna terug na Moeder Aarde om met aanpassings, weer vir ʼn volgende lansering gereed te wees.