Slimfoon moet TV lisensie kry

Eienaars van die gesofistikeerde selfoon, of beter bekend as die slimfoon, kan dalk eersdaags verplig word om ʼn TV lisensie uit te neem.

Die regering se naarstigtelike gegryp na strooihalms om die inkomste vir sy bankrot entiteite te verhoog, het nou so ver gegaan as om te kyk na die moontlikheid om Slimfoon eienaars te verplig om ʼn TV lisensie uit te neem wat jaarliks hernu moet word.

Kenners wys egter daarop dat die stelsel veel ingewikkelder sal wees om geld in te vorder as wat die geval met die standaard TV toestelle is.

Selfone word meestal met ʼn kontrak verbind wat na ʼn sekere tyd beteken die eienaar kan ʼn nuwe selfoon kry met ʼn nuwe kontrak, en om dit te administreer sal die SABC of ander instelling besig hou met groot getalle mense wat in diens genee,m sal word, en wat dan die “winsgewendheid” van die projek kan kelder.

Daar bestaan ook twyfel of bestaande wetgewing so ʼn bedryf toelaat, en kenners waarsku dat waar dit daagliks gebeur dat selfone gesteel word, ʼn nuwe geleentheid vir korrupsie kan ontstaan.