Skerp kritiek teen Duitse regering oor entstof

ʼn Vlaag van hewige kritiek stroom in teen die regering van kanselier Angela Merkel omdat nie voldoende voorraad van BioNTech-Pfizer se koronavirus entstof aangekoop is nie.

Kritici sê die regering moes voldoende voorraad entstof aangekoop het sodat geen onderbrekings, soos wat tans plaasvind, nodig sou wees in die inentings veldtog nie.

Die bewerings word gemaak dat die tweede pandemie, wat Duitsland ook getref het en daagliks 30,000 nuwe infeksies veroorsaak, kon voorkom geword het as voldoende voorraad entstof regoor die land versprei kon word om die inenting vinniger te laat verloop.

Dit is veral die Duitse Minister van Gesondheid wat onder hewige kritiek deurloop, veral nadat sekere gebiede in die land hulle inenting veldtog voorlopig moes staak weens ʼn tekort aan entstof.

Ontleders wys egter daarop dat die fout grootliks by die Europese Unie is wat lank nadat Kanada, die VSA en Brittanje die Pfizer entstof goedgekeur het, nog in vertwyfeling was, en gevolglik agter is met produksie daarvan vir Europa.

Daarbenewens het die Europese Unie slegs 300 miljoen dosisse Pfizer entstof bestel, wat bedoel is om die mense van die 27 lidlande sou bedien, maar met die dubbele inentings wat elke pasiënt moet ondergaan, is die EU bestelling nie voldoende voorraad nie.